Skip to content

Suid-Afrikaners aangemoedig om vandag swart te dra ter herinnering aan vroue wat in Ekurhuleni vermoor is

# Survivors Unite moedig Suid-Afrikaners aan om vandag swart te dra ter herinnering aan die nege vroue wat reg oor Ekurhuleni vermoor is en alle vroue wat onder geweld ly. Die organisasie sê hierdie moorde is ‘n pynlike herinnering daaraan dat vroue in die land steeds onder die daaglikse werklikheid van geweld leef. Hy sê daar moet ‘n ernstige gesprek wees oor vroue se veiligheid, aanspreeklikheid en die omstandighede wat vroue in gevaar plaas. Survivors Unite sê vroue benodig regte beskerming, effektiewe polisiëring en ‘n regstelsel wat hulle kan vertrou.