# Die liggaam van ‘n man, vermoedelik die van Wayne Barnard, ‘n stapper wat op Tafelberg vermis geraak het, is gevind. Die polisie en reddingspanne het die liggaam laat gister opgespoor nadat Barnard as vermis aangemeld is. Hy het alleen gaan stap. Daar is laas op Woensdag omstreeks 11:00 iets van hom gehoor toe hy sy ligging en ‘n foto van Tafelberg gedeel het. Sy foon kon later nie bereik word nie, wat tot die soektog gelei het. Formele identifikasie is aan die gang, en ‘n nadoodse ondersoek sal die doodsoorsaak bepaal.
Lyk van ‘n man wat vermoedelik vermiste stapper is, op Tafelberg gevind