Skip to content

Minister Mantashe waarsku mynbedryf om nie wins bo werkers se veiligheid te stel nie

# Die Minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die mynbousektor moet nie wins bo werkers se gesondheid en veiligheid stel nie. Tydens ‘n beraad oor myngesondheid en -veiligheid in Kemptonpark, Gauteng, het Mantashe gesê 49 mynwerkers teen 14 September hierdie jaar alreeds in die bedryf gesterf, vergeleke met 41 sterfgevalle verlede jaar. Hy het ‘n beroep gedoen op duidelike en praktiese maatreëls om die bedryf se doelwit van “geen skade” te bereik.

ENG MantasheOnWorkersSafety