Skip to content

Kaapstadse burgemeester verwelkom uitspraak wat Wet op Openbare Verkryging ongeldig verklaar

# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die Konstitusionele Hof se uitspraak wat die Wet op Openbare Verkryging ongeldig verklaar, beskerm plaaslike en provinsiale regerings se reg om hul eie verkrygingsbesluite te neem. Die munisipaliteit het die wetgewing in die hof betwis op grond dat dit onwettig aanvaar en sonder voldoende openbare deelname deurgevoer is. Die hof het ook gelas die stad se regskoste moet betaal word. Hill-Lewis sê die wet sou meer administratiewe rompslomp veroorsaak en dienslewering en infrastruktuurprojekte vertraag het.