# Krieket: Suid-Afrika en Zimbabwe se vrouespanne speel vandag die voorlaaste van vyf T20-wedstryde in Bulawayo. Die besoekers het reeds die reeks beklink deur die eerste drie kragmetings te wen. Hulle het hul bure met ses paaltjies geklop in die eerste wedstryd en met 64 lopies in die tweede, waarna kaptein Laura Wolvaardt in die derde ‘n onoorwonne 126 gemoker en Suid-Afrika na ‘n oorwinning van 80 lopies gelei het. Die laaste wedstryd vind Sondag plaas voor die Proteas huis toe keer vir ‘n toets en witbalreekse teen Indië.
Krieket: Proteas en Zimbabwe se vroue pak mekaar in voorlaaste T20 in Bulawayo