Skip to content

EFF beskuldig Amerika van inmenging in Suid-Afrika se soewereine sake

# Die EFF sê Amerika het weer getoon hy is bereid om sy diplomatieke en ekonomiese invloed te gebruik om met Suid-Afrika se soewereine sake in te meng. Washington het visumbeperkings ingestel op mense wat volgens hom rasgebaseerde diskriminasie en aanhitsing van geweld teen die Afrikaner-minderheid aanvuur. Die EFF sê Amerika moenie toegelaat word om druk op Suid-Afrika uit te oefen om weg te doen met beleidsmaatreëls wat daarop gemik is om die ekonomiese en rasse-ongelykhede van kolonialisme en apartheid reg te stel nie.