Skip to content

Liggaam van negende vrou in Ekurhuleni gevind [KLANK]

#  Die liggaam van ʼn negende vrou is in Ekurhuleni, Gauteng, gevind. Die liggaam is volgens berigte vroeër vanoggend half geklee en in ʼn laken toegedraai in Dawnpark aangetref. Dit volg nadat die liggame van agt ander vroue die afgelope twee maande in Kemptonpark, Olifantsfontein en Kwathema gevind is. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Fred Kekana, sê ʼn multidissiplinêre span speurders, forensiese deskundiges, misdaadintelligensie- en spesialis-eenhede ondersoek al die sterftes:

ENG KekanaOnNinthBody