# Die Verkiesingskommissie het kennis geneem van die Verkiesingshof se verwerping van die ANC se appèl oor 181 raadslidkandidate wat uitgesluit is. Die kandidate sal nie aan die plaaslike verkiesing op 4 November deelneem nie, na die ANC die sperdatum gemis het en tegniese probleme met die OVK se elektroniese stelsel daarvoor blameer het; ‘n verduideliking wat die kommissie verwerp het. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê die uitspraak verskaf duidelikheid oor wie geregtig is om deel te neem, en die kommissie sal voortgaan met die verkiesingstydrooster:
OVK sê ANC-hofuitspraak baan die weg vir verkiesingsvoorbereidings [KLANK]
ENG MamaboloOnRuling