# Polisie in KwaZulu-Natal het meer lede ontplooi in gebiede wat geraak word deur onlangse aanvalle op buitelanders in Durban. Dit volg na talle voorvalle die afgelope twee dae, insluitend die dood van ʼn buitelandse burger wat na bewering gister deur ʼn groep van sowat 50 mense in die middestad aangerand is. Die polisiewoordvoerder, Robert […]
# Die MK-party het Sibonelo Nomvalo as sekretaris-generaal afgedank, na kommer oor interne faksievorming, dubbele vergoeding en raadslid-keuringsprosesse. Die party beskuldig Nomvalo dat hy hoëvlak-ontplooiingskomitees sonder die medewete van sy leierskap gestig het, en na bewering die party se parlementêre koukus en administrasie herskommel het sonder om leier Jacob Zuma, nasionale amptenare of die party […]
# President Cyril Ramaphosa het verskoning gevra en erken dis grondwetlike versuim dat Simon Mofokeng en wyle Tshokolo Joseph Mokoena se hofsake nie hanteer is nie. Hulle was 19 jaar in die tronk nadat hulle verkeerdelik skuldig bevind is aan die moord in 1992 op ʼn polisiebeampte in die Vrystaat. Die Konstitusionele Hof het vroeër […]
# Motorsport: Mercedes-renjaer Kimi Antonelli sê ʼn droom sal waar word as hy sy eerste Formule Een-titel die naweek by die Amerikaanse Grand Prix kan opraap. Die Italianer loop in die Bestuurderskampioenskap voor met 102 punte, die hoogste van die seisoen. Om Sondag die wêreldkampioen te word, sal Antonelli die wedren moet wen en hoop […]
# ʼn Federale regter het president Donald Trump van Amerika beveel om teen 11 Desember ʼn beëdigde verklaring af te lê oor sy lastersaak van 164,95-miljard-rand teen die BBC, of sanksies te verwag. Trump eis skadevergoeding oor ʼn Panorama-episode wat twee verskillende dele van ʼn toespraak, wat hy voor die Kongresgebou-betogings in 2021 gelewer het, […]
The headlines of the leading newspapers on 23 October 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports exclusivity contracts for grocery chains in shopping centres are set to expire by the end of December, which means centres must prepare for increased competition, while consumers will be presented with a wider range of choices. # Mail & Guardian: […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die eksklusiwiteitskontrakte vir kruideniersgroepe in winkelsentrums verstryk teen die einde van Desember wat meebring dat sentrums moet voorberei vir groter mededinging en die verbruiker ‘n wyer keuse gestel word. # Mail & Guardian: Skryf die koerant het ondersoek ingestel […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê munisipaliteite moet op gemeenskappe se behoeftes reageer en bevoeg wees om hul grondwetlike pligte na te kom. President Cyril Ramaphosa het gister die hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering bekendgemaak terwyl die regering ʼn nuwe benadering tot munisipale bestuur en dienslewering wil volg. Hlabisa […]
# Die Franse president Emmanuel Macron sê “onwettige” betogings sal in die komende dae verbied word en pak die skuld vir geweld op “opruiende” ultra-linkse groepe en vandale. Betogings oor die toestand van skole en hoë lewenskoste het in landwye geweld en oproer ontaard en meer as twee-duisend mense is die afgelope naweek gearresteer. Owerhede […]