# Die MK-party het volgens berigte ‘n finansiële krisis wat kan verhoed dat hy sy manifes voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November bekendstel. Senior partylede het aan die Sunday Times gesê die party se finansiële probleme het vererger nadat die finansiële beheer gesentraliseer is. In Julie het die president van die party, Jacob Zuma, finansiële beheer […]
# Krieket: Die Proteas het hulle heel eerste eendagreeks teen Namibië 3-0 beklink met ‘n oorwinning met nege paaltjies in die laaste kragmeting in Windhoek. Die tuisspan is vir 156 uitgeknikker nadat die waarnemende kaptein, Björn Fortuin, vier paaltjies geneem het. Hierna het Jordan Hermann die beste gevaar met 77 van 59 balle, terwyl Connor […]
# Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore was nouer as wat die telling aangedui het. Die Springbok-afrigter sê hy het gevoel die uitslag het tot die laaste tien minute in die weegskaal gehang. Hy het lof vir Nieu-Seeland se terugvegpoging nadat Suid-Afrika vroeg in die […]
# Tennis: Elena Rybakina het haar eerste VSA Ope-titel gewen nadat sy die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, gister in ‘n opwindende eindstryd van drie stelle in New York geklop het. Sabalenka, van Kazakstan, het vroeër ook die Australiese Ope gewen. Sy het nou haar derde Grand Slam-titel ingepalm. Danksy die oorwinning is Rybakina nou eerste […]
# President Donald Trump van Amerika het kiesers aangeraai om die middeltermynverkiesing in November te hanteer asof hy self op die stembrief verskyn. Hy het gisteraand die slotrede gelewer by die Republikeinse Party se middeltermyn-konvensie in Dallas. Die verkiesing sal bepaal of die party die meerderheid in die Huis en die Senaat behou. Trump sê […]
# Sokker: Manchester United het sy terugkeer na die Kampioeneliga gevier met ‘n indrukwekkende 4-0 oorwinnng oor die nuwelinge Sabah op Old Trafford. Matheus Cunha, kaptein Bruno Fernandes en Benjamin Sesko het in die eerste helfte doele aangeteken, met Lisandro Martínez wat die oorwinning beklink het. Bayern München het sy reputasie as een van die […]
# Gholf: Joaquin Niemann van Chili loop voor in die Ierse Ope in Doonberg na ‘n openingsronde van vyf-onder 65 in nat en winderige omstandighede. Hy het ‘n voorsprong van twee houe oor ‘n groep van vyf spelers, insluitend Shane Lowry van Ierland en Shaun Norris van Suid-Afrika. Negentien spelers het nie hul eerste ronde […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het beklemtoon dat hulle nie die Verkiesingskommissie gunste vra nie, maar hof toe gaan oor wettige feite. Die party het die Kieshof genader en daag die kommissie uit omdat sommige van sy kandidate nie voor die sperdatum op die kommissie se stelsel vasgelê is nie. Die party sê […]
# AfriForum vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, af te dank. Die minister het onder skoot gekom na ʼn video waarop sy tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Loerie in die Oos-Kaapse Kouga-munisipaliteit op ʼn gestremde inwoner vloek. Lambert de Klerk van AfriForum sê Majodina se gedrag druis in teen […]