# Sokker: Die president van die Franse Sokkerfederasie, Philippe Diallo, is die jongste kandidaat om aan te kondig hy gaan Gianni Infantino volgende jaar teenstaan om FIFA se presidentskap. Die 63-jarige Diallo het die steun van die Europese beheerliggaam UEFA, met sy 55 lidlande. Infantino is onder druk oor sy mislukte plan om aandele in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop. Tottenham se gewese verdediger, Ramon Vega, en die ere-president van Japan se beheerliggaam, Kozo Tashima, wil ook verhoed dat Infantino ‘n vierde termyn dien.
Sokker: President van Franse federasie aangewys as UEFA se kandidaat om Infantino teen te staan