# Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê hy hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg, ʼn ondergrondse tonnel-netwerk naby Teheran se Natanz-uraanverrykingsfasiliteit. Die hoogsversterkte terrein is vermoedelik ʼn kernfasiliteit wat in aanbou is. Volgens berigte gebruik Iran opgegaarde onderdele om missiele te vervaardig wat met soliede en vloeibare brandstof aangedryf word. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, […]
# Rugby: Wêreldrugby het met onderhandelings begin om ʼn Sesnasies-wedstryd in die Verenigde State aan te bied in aanloop tot die 2031-Wêreldbeker. Die M&T Bank-stadion in Baltimore met plek vir 71-duisend toeskouers, is uitverkoop vir môre se vierde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Alan Gilpin, sê die finansiële prestasie […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskerp sy stryd teen onwettige finansiële vloei en die breër onwettige ekonomie. Gedurende die 2024/2025-boekjaar het die diens 10-duisend-142 beslagleggings by doeanes ter waarde van 6,3-miljard-rand aangeteken. Die diens het ook 763,7-miljoen-rand deur brandstof- en petroleumskemas ingevorder en 6,1-miljard-rand in verband met BTW-bedrog en […]
# Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, sê die na-verkiesingsbetalings wat president Donald Trump aan alle volwasse Amerikaanse burgers belowe het, sal befonds word deur die handelstariewe. Trump het belowe om elke volwasse burger 80-duisend-rand te betaal as sy Republikeinse Party die Huis en Senaat in November se middeltermynverkiesing behou. Volgens berigte sal dit meer as […]
# President Donald Trump sê die oorlog teen Iran sal onmiddellik na die Amerikaanse middeltermyn-verkiesing in November eindig. Sy gewildheid daal in meningspeilings en hy kom onder druk van sy eie Republikeinse Party om die oorlog te beëindig. Brent-ruolie se prys het gister die eerste keer sedert Julie bo 100-dollar per vat gestyg ná verskerpte […]
# Olimpiese Spele: Die president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), Barry Hendricks, is met onmiddellike ingang geskors. Dit volg na bewerings van oortreding van die organisasie se beveiligingsbeleid en kodehandboek. SASKOK sê die skorsing is nie ʼn skuldigbevinding teen Hendricks nie. Hy beklemtoon dat die besluit geneem is om die integriteit en […]
# ‘n Russiese hommeltuig wat Moldawië se lugruim binnegedring het, het amper ‘n vliegtuig met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky aan boord getref. Dit het die vertrek van die vliegtuig vertraag. Zelensky het Dinsdagaand van Moldawië na Oslo in Noorweë vertrek vir die begrafnis van Koning Harald gister. Die hommeltuig het na wat berig word […]
# Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, vervang Aryna Sabalenka van Belarus Maandag as die wêreld-nommer-een nadat sy die Amerikaanse Ope se halfeindronde gehaal het. Sy het die Chinese kwalifiseerder Zheng Qinwen verslaan en speel nou teen die Amerikaner Coco Gauff, wat Mirra Andreeva van Rusland geklop het. Die topgekeurde man, Alexander […]
# Die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy, ACSA, sê hy volg ʼn strategie met vier pilare: uitbreiding, modernisering, mededingendheid en globale posisionering. Die maatskappy het in die 2025/2026-boekjaar goed presteer met passasiersgetalle op 98-persent van dié voor Covid-19, en ʼn 8,5-persent toename op ʼn jaarbasis. ACSA se waarnemende hoof, Charles Shilowa, sê hulle sal die passasier-mobiliseringsprogram bekendstel om […]