# Rugby: Die Springbok-slot Ruan Nortjé sê hulle is vasbeslote om die foute wat teen Frankryk gemaak is reg te stel wanneer hulle Saterdag in Dublin teen Ierland speel. Suid-Afrika het ondanks ‘n sterk vertoning in die tweede helfte vasgeval in hul vyfde Nasieskampioenskaps-kragmeting toe Les Bleus in Parys ‘n naelbyteroorwinning van 21-19 behaal het. Nortjé erken die nederlaag is die Bokke se eie skuld omdat hulle te veel foute begaan en kanse verspeel het om punte aan te teken. Hy voeg by hul verwag ‘n taai stryd teen Ierland.
Rugby: Nortjé sê Bokke is vasbeslote om foute reg te stel voor kragmeting teen Ierland