# Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, verwerp die idee dat Britse Jode in gevaar is nadat sanksies ingestel is teen Israelse nedersettings in die Wesoewer. Brittanje het ʼn verbod geplaas op handel met sogenaamde onwettige Israelse nedersettings en beskuldig Benjamin Netanyahu se regering van etniese suiwering. Die Britse hoofrabbi, Ephraim Mirvis, glo […]
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê sy departement verskerp pogings om misdaad, dwelmmisbruik, bendebedrywighede en die besit van gevaarlike wapens by skole te beveg. Hy het gister saam met wetstoepassers vier skole deursoek: Phandimfundo Secondary School, Lekamoso Secondary School in Etwatwa, Rivoni Secondary School en Hulwazi Secondary School in Daveyton. Maile sê […]
# Die DA het dokumente by die Verkiesingshof ingedien vir toestemming om in te gryp by die ANC se poging om 181 kandidate in ses munisipaliteite te stel vir die munisipale verkiesing in November. Die ANC sê hy kon weens probleme met die Verkiesingskommissie se stelsel nie die spertyd van vyf namiddag op 28 Augustus […]
# Krieket: Die top-orde-kolwer, Jordan Hermann, het beïndruk in sy eerste wedstryd toe Suid-Afrika Namibië met 99 lopies verslaan het volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode in die eerste eendagwedstryd in Windhoek. Hermann het 150 lopies van 126 balle aangeteken, wat die rekord vir die hoogste telling in ‘n eerste eendag-internasionale wedstryd ewenaar. Hy het ‘n tweede-paaltjie-vennootskap van […]
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê bewerings van stemkopery by partykonferensies is onaanvaarbaar. Verlede maand het senior ANC-lid en nasionale uitvoerende komiteelid Nkosazana Dlamini Zuma die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en Ramaphosa beskuldig dat hulle afgevaardigdes gekoop het om te verseker dat hulle die 2022-verkiesingskonferensie wen. Ramaphosa het gister tydens ‘n stemwerwingsveldtog in Tembisa […]
# Die Duitse bondskanselier Friedrich Merz het die verregse Alternatief vir Duitsland-party beskuldig dat sy teen-migrasiebeleid gelykstaande is aan “etniese suiwering”. Hy het in die Parlement gepraat na sy party, die Christen-Demokratiese Unie, se verpletterende nederlaag in die oostelike staat Sakse-Anhalt, waar AfD byna 44-persent van die stemme gewen het. Merz sê die AfD het […]
# Die Verkiesingskommissie verwag dat meer politieke partye die Verkiesingshof gaan nader oor die indiening van kandidate-lyste. Die ANC daag die OVK se besluit uit om nie sy kandidate in ses munisipaliteite te registreer nie. Volgens die party kon hy kandidate nie registreer nie weens ʼn probleem met die stelsel. Die Verkiesingshof het intussen die […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, is steeds op koers vir ‘n derde agtereenvolgende Amerikaanse Ope-titel, en is deur na die halfeindronde. Die verdedigende kampioen het die Tsjeg Linda Noskova geklop in haar 19de agtereenvolgende oorwinning op die toernooi. Sabalenka kom nou teen Jessica Pegula te staan nadat die Amerikaner haar landgenoot Emma […]
# President Donald Trump van Amerika het gereageer op Kanada se jongste tariewe deur ʼn klomp Kanadese goedere, insluitend alkohol- en suiwelprodukte, te verbied. Dit volg nadat Ottawa se vergeldingstariewe van 15- tot 50-persent op Amerikaanse invoere van byna 320-miljard-rand gister van krag geword het. Die Withuis het verlede maand tariewe van 50-persent ingestel op […]