# Tennis: Die wêreld-nommer-vyf, Jessica Pegula, het deurgedring na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Indian Wells, Amerika. Die Amerikaner het ’n wedstrydpunt afgeweer voor sy die Tsjeg, Linda Nosková, in drie stelle kon verslaan, en het daarmee haar landgenoot Coco Gauff uitgeskakel. Nosková en Pegula is onderskeidelik eerste en tweede in Groep Een. Pegula speel in die voorlaaste ronde teen die Rus Mirra Andreeva, en Nosková teen die wenner van die laaste rondomtalie-wedstryd tussen Elina Svitolina van Oekraïne en Aryna Sabalenka van Belarus.
Tennis: Pegula haal halfeind van WTA-eindtoernooi, Gauff uitgeskakel