# Tennis: Span Europa het sy sesde Laverbeker-titel ingepalm met ‘n sege van 13-5 oor Span Wêreld in die O2-arena in Londen. Flavio Cobolli en Jakub Mensik het Europa gister op die voorvoet geplaas met ‘n oorwinning oor Alex de Minaur en Taylor Fritz voor die tweemalige Grand Slam-kampioen, Alexander Zverev, die oorwinning beklink het […]
# Swem: Verskeie swemmers het B-kwalifiseringstye by die SA Kortbadkampioenskap behaal, en is daarom steeds verkiesbaar vir die Wêreld-kortbadkampioenskap in Beijing, China, in Desember. Drie mans het B-kwalifiseringstye in die 100-meter-vryslag behaal, met Guy Brooks wat die titel in 47,59 sekondes verower het, voor Armand Coetzee en Kaydn Naidoo. Matthew Caldwell het die mans een-duisend-500-meter-vryslag […]
# Switserse kiesers het ‘n voorstel om neutraliteit te handhaaf, teen-Russiese sanksies op te hef en lidmaatskap van NAVO te verbied, oorweldigend met ongeveer 70-persent verwerp. Die regsgesinde populistiese Switserse Volksparty het die voorstel ondersteun en beweer die regering beweeg te na aan die Europese Unie en NAVO, veral oor Rusland se oorlog teen Oekraïne. […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het 42,4-miljoen-rand in kontant, eiendom, pensioene en beleggings gevind wat verbind word met omkoopgeld wat volgens berigte deur die sakeman Stefan Joel Govindraju aan amptenare by die Tembisa-hospitaal betaal is. Die ondersoekeenheid sê Govindraju se sindikaat het 75 maatskappye gebruik om ongeveer 600-miljoen-rand se hospitaalkontrakte te kry, en 100-miljoen-rand is as gunslone […]
# Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot se versperring van Iranse hawens ophef. Die sewe […]
# Sokker: Suid-Afrika se Onder 20-span het hulle COSAFA Onder 20-kampioenskapstitel vir mans behou danksy ‘n welverdiende oorwinning van 2-1 oor die gasheer, Mosambiek. Amajita se deurbraak was in die 27ste minuut toe Oarabile Booysen die eerste doel aangeteken het. Mosambiek het die telling egter twee minute later gelykop gemaak met Martinho Começar se doel. […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 28 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het sy plan vir ‘n nasionale selfoon-groothandelnetwerkoperateur teruggetrek. In plaas daarvan sal mobiele operateurs ‘n breër radiofrekwensiespektrum tot hul beskikking hê. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens ‘n gevierde volstruisboer, […]
The headlines of the leading newspapers on 28 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports Communications and Digital Technologies minister, Solly Malatsi, has withdrawn his plan for a national wholesale mobile network operator. Instead, mobile operators will have access to a wider radio frequency spectrum. # And the Netwerk24 website: Reports firstly, a renowned ostrich […]
# Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, verskyn na verwagting vandag weer voor die Madlanga-kommissie. Getuienisleiers het egter ʼn aansoek ingedien dat dele van sy getuienis in camera aangehoor word. Die aansoek hou verband met sekere WhatsApp-boodskappe en dokumente waarby Khan betrek word. Hy is gedagvaar om op 1 September te verskyn, maar hy het […]