# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, se kantoor sê ʼn ooreenkoms is met die Amerikaans-geleide Vredesraad bereik om twee werksgroepe te stig. Dit volg na ʼn ontmoeting wat Netanyahu gister met Amerika se gesant en president Donald Trump se skoonseun, Jared Kushner, gehad het. Netanyahu se kantoor sê die eerste werksgroep sal op ontwapening […]
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings uit Nieu-Seeland dat […]
# Die MK-party en die United Africans Transformation wil appelleer teen ʼn tussentydse interdik van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die werk van die parlementêre Ampsklagkomitee eers gestop het. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof opposisiepartye onder leiding van die African Transformation Movement verbied het om teen die Hooggeregshof-beslissing te appelleer, hangende president Cyril Ramaphosa se […]
# Die Raadgewende Ingenieurs, Suid-Afrika, CESA, sê die sukses van die Nasionale Wateraksieplan sal afhang of houervermoë- en bevoegdheidsontwikkeling as kern en kritieke elemente hanteer word, en nie gesny word wanneer begrotings stram raak nie. Die plan sit ‘n gefokusde, programmatiese reeks aksies uiteen om ‘n betroubare voorraad gehaltewater aan alle burgers te verseker, met […]
# President Cyril Ramaphosa het onderneem om Suid-Afrika se voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te gebruik om streeksekonomiese integrasie te verdiep en veerkragtige, volhoubare en inklusiewe industrialisering te bevorder. Hy het die SAOG-voorsitterskap van die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa ontvang tydens die 46ste Gewone Spitsberaad van SAOG-staats- en -regeringshoofde in Durban. Die oorhandiging bepaal die […]
# President Cyril Ramaphosa sê besprekings by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se 46ste gewone beraad vir staats- en regeringshoofde het ʼn gedeelde vasberadenheid getoon om streeksintegrasie te versterk, samehorigheid te verbeter en saam te werk om probleme te takel. Hy het gisteraand in Durban die slotrede gelewer. Tydens die geleentheid is beraadslaag oor handel, infrastruktuur, energie, […]
# President Donald Trump het gedreig om Oman te bombardeer as hy “in die pad staan” van sy pogings om die oorlog met Iran te beëindig. Dit volg nadat die 60-dae-venster vir vredesgesprekke tussen Amerika en Teheran gister verstryk het. Oman is verskeie keer deur Iran aangeval sedert die konflik uitgebreek het; die twee lande […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê sy verkiesingsmanifes plaas mense eerste, veral werkers en armes wat die grootste deel van die samelewing uitmaak. Die party gaan onafhanklik aan die munisipale verkiesing in November deelneem. Die manifes plaas klem op betroubare openbare dienste, ordentlike werk, grond en behuising, voedselsekerheid, veiliger gemeenskappe, die stryd teen tenderkorrupsie en groter […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van politieke inmengery, korrupsie en misdadigheid in die strafregstelsel ondersoek, oorweeg vandag sy voorlopige verslag. Die komitee het maande lank na getuienis geluister ná bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sedert getuienis in Maart afgehandel is, het die komitee daaraan gewerk om bewyse wat voorgelê is in […]