Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Madlanga-kommissie het gehoor die taxibase, Joe Sibanyoni en Oupa Sindane, was betrokke by ‘n afpersingskomplot vir beskermingsgeld. Die bewerings staan in verband met die 3,7-miljard-rand Molotoweg-projek, noord van Pretoria en sowat twee-miljoen-rand het na bewering hande verwissel. Daar is […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, en die sesmalige kampioen, Novak Djokovic, kan dalk ontmoet in die kwarteindronde van die Chinese Ope. Die Duitser het vroeër die maand sy tweede Grand Slam-titel gebuit op die Amerikaanse Ope en begin teen die Brit Cameron Norrie. Djokovic het in 2015 laas aan die toernooi deelgeneem. Hy speel […]
# Die EFF vra dat ʼn gespesialiseerde nasionale taakspan aangestel word om massaskietvoorvalle en vuurwapengeweld te ondersoek. Dit volg na die onlangse massaskietvoorvalle in Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, waarin meer as 40 mense dood is. Die EFF sê hierdie voorvalle weerspieël die dodelike verband tussen onwettige mynbedrywighede, georganiseerde misdaad en die toename in onwettige […]
# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê Interpol soek steeds na Rajesh en Atul Gupta, terwyl die regering voortgaan met pogings om die broers aan die land te laat lewer. Hulle is in Junie 2022 in die Verenigde Arabiese Emirate gearresteer. Suid-Afrika was in 2023 onsuksesvol in pogings om die broers uitgelewer te […]
# Die vyf Britse mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat. Die Amerikaanse Lugmag gebruik die lugmagbasis vir sy operasies teen Iran. Die hoof van teen-terrorisme-polisiëring, assistent-kommissaris Laurence Taylor, sê die ondersoek is nog nie afgehandel nie, en die vyf mans is onderworpe aan […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan ‘n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onregte […]
# President Cyril Ramaphosa oorweeg dit om die skorsing van nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op te hef. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week die aanklagte teen hom formeel teruggetrek. Die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie het hom aanvanklik aangekla en in hegtenis geneem vir beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur weens kommer oor […]
# Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teenterrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Lugmagbasis Fairford in Gloucestershire. Vyf mans is gister vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg en plofstof-oortredings toe hulle op pad was na die basis. Die Amerikaanse leër het dit onlangs gebruik as basis vir […]