# President Donald Trump van Amerika het gereageer op Kanada se jongste tariewe deur ʼn klomp Kanadese goedere, insluitend alkohol- en suiwelprodukte, te verbied. Dit volg nadat Ottawa se vergeldingstariewe van 15- tot 50-persent op Amerikaanse invoere van byna 320-miljard-rand gister van krag geword het. Die Withuis het verlede maand tariewe van 50-persent ingestel op […]
# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys beteken nie dat elke swakheid in die stelsel opgelos is nie. Hy sê dit is hoekom die regering tans nasionale evaluerings doen van die risiko’s rondom geldwassery en terrorismefinansiering. Suid-Afrika is verlede jaar van die gryslys verwyder nadat […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, is blykbaar enkele dae voor die aanval op 7 Oktober 2023 deur president Mohammed bin Zayed van die Verenigde Arabiese Emirate gewaarsku dat Hamas ʼn groot aanval op Israel beplan. Dit was die dodelikste aanval in Israel se geskiedenis, waarin meer as een-duisend-200 mense vermoor en meer as […]
# Sokker: Jose Mourinho se terugkeer na die Kampioeneliga het goed begin met Real Madrid wat Inter Milan met 2-1 op die Santiago Bernabeu geklop het. Die Fanse kaptein, Mbappe, is met 71 doele nou in die gesamentlike vyfde plek op die lys van die beste doelskieters vir die Kampioeneliga en die Europese Beker. Erling […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het ʼn pleit- en vonnis-ooreenkoms aangegaan met die Britse voortvlugtige en driedubbele moordbeskuldigde, Ndodana Mkhanyisi Tshuma. Volgens die ooreenkoms pleit hy skuldig aan die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, en oortreding van Suid-Afrikaanse immigrasiewette. Die Zimbabwies-gebore Britse burger het na bewering sy vrou en twee dogters in die Verenigde […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, verwerp steeds Nkosazana Dlamini-Zuma se bewering teen hom, en hou vol hy is vry en regverdig deur geheime stemming verkies by die party se 2022 Nasrec-konferensie. Mbalula het met regsoptrede teen Dlamini-Zuma begin en eis ʼn verskoning vir die bewering dat hy afgevaardigdes by die konferensie betaal het […]
# Gholf: LIV Gholf het aansoek gedoen vir bankrotskapbeskerming in Amerika in ‘n poging om te herstruktureer nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. Die fonds beëindig sy steun na die huidige seisoen nadat hy oor vyf jaar byna 80-miljard-rand bestee het. Die wegbreekliga skuld spelers minstens 720-miljoen-rand. LIV Gholf se uitvoerende […]
# Ipsos sê kiesersopkoms sal in talle belangrike metro’s ʼn groot rol speel om die uitslag van die munisipale verkiesing te bepaal. Volgens ʼn nuwe Ipsos-meningspeiling se aanduidings is die DA en ANC se wedloop in Johannesburg, Ekurhuleni, Nelson Mandela-baai en Buffalo City baie mededingend. Ipsos sê die MK-party het tans ʼn voorsprong van 55-persent […]
The headlines of the leading newspapers on 09 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Writes Standard Bank and Java Capital have joined forces for property deals. The paper writes the partnership aims to unlock capital for property and infrastructure growth. # And the Netwerk24 website: Reports two crew members of a light aircraft were slightly […]