# President Cyril Ramaphosa vra groter optrede teen oortreders van geslagsgeweld en vrouemoord, en sê mans moet vroue beskerm. Hy het gister by ʼn Evangeliese Presbiteriaanse Kerkdiens in Alberton gepraat waar die kerk die vlaag van geweld teen vroue uitgelig het. Elf vroue se liggame is die afgelope maande in Ekurhuleni gevind. Ramaphosa sê respek […]
# Krieket: Die Proteas het Australië met 32 lopies verslaan in die tweede eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg om die reeks te beklink met een wedstryd oor. Kaptein Temba Bavuma en David Miller het onderskeidelik 103 en 142 behaal en 156 bygevoeg om die vierde paaltjie, wat Suid-Afrika se telling tot 365 vir nege geneem […]
# President Donald Trump beskryf gister se inhegtenisneming van vyf mans naby RAF Fairford in Gloucestershire, Engeland, as “fantasties” en sê Amerika en Brittanje ondersoek die mans al ʼn geruime tyd. Hulle is aangekeer weens vermeende oortredings in verband met plofstof en terrorisme, nadat die bom-eenheid na ʼn ernstige voorval naby die militêre lugmagbasis uitgeroep […]
# Die Britse polisie het vyf mans in hegtenis geneem wat onder verdenking staan dat hulle ‘n terreurdaad in Whelford, naby RAF Fairford in Gloucestershire, beplan het. Die polisie het inwoners van 85 huise in die omgewing ontruim. Volgens die polisie duur die ondersoek om die volle aard van die voorval vas te stel voort, […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus weier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies in Perth. Die Bokke was ná 63 minute 42-17 agter voor ‘n laat herlewing hulle binne tref-afstand gebring het. Dit was egter te laat al het Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geelkaarte verloor. […]
# President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by ‘n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in ‘n massa-skietvoorval by ‘n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens […]
# Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van ‘n elfde vrou gister langs ‘n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die liggaam is volgens berigte opgemerk deur ‘n patrollievoertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat roetinepatrollies in die gebied uitgevoer het. Die jongste vonds volg te midde van ‘n voortgesette ondersoek na ‘n […]
# Pous Leo die 14de het die entoesiasme, energie en toewyding geprys wat jongmense na die Katolieke Kerk bring, terwyl groot skares ‘n buitelugmis in Parys bygewoon het. Na raming het 700-duisend mense saamgetrek vir die mis wat deur die Pous by ‘n spesiale altaar op die Place de la Concorde gelei is . Dit […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse sokkerlegende Lucas Radebe het ‘n nuwe rol aanvaar as ambassadeur vir die Leeds United Foundation, die Engelse klub se amptelike liefdadigheidsorganisasie. Radebe, wat 260 keer vir Leeds uitgedraf het, het die klub se gemeenskapsprogramme ondersteun deur skole te besoek en met jongmense te skakel. Hy sal saam met ander ambassadeurs die […]