# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het onthul 177 lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is tussen April 2025 en Augustus vanjaar strafregtelik aangekla. Hiervan is 118 aangekla van korrupsie en 59 van regsverydeling. In antwoord op ʼn parlementêre vraag het Cachalia gesê 115,566-miljoen-rand is aan 767 beamptes betaal wat strafregtelik aangekla is. Hy het ook bekendgemaak dat 629 SAPD-lede tugprosedures in die gesig staar, 36 is afgedank, 9 het bedank voor tugstappe kon begin en 60 is voorlopig geskors.
Cachalia onthul SAPD betaal R115,57-miljoen aan 767 polisielede wat strafregtelik aangekla is