# Die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis begin in November met ‘n groot wapenterugkoopprogram ná die dodelike Bondi Beach-skietery. Eerste minister Anthony Albanese sê die skema sal op 2 November begin, met mense wat in aanmerking kom vir tot eenduisend Australiese dollar vir elke geweer of handwapen wat ingehandig word. Die program vorm deel van strenger nasionale […]
# Orkaan Lala het Hawaii getref met sterk winde en swaar reën, wat meer as 89-duisend huishoudings sonder krag gelaat het. Die Kategorie Een-storm het tot gevaarlike omstandighede gelei, met die Nasionale Orkaansentrum wat waarsku teen lewensgevaarlike oorstromings en modderstortings. Die goewerneur van Hawaii, Josh Green, sê sommige gebiede het meer as 33-sentimeter reën ontvang. […]
# Marokkaanse owerhede het meer as 100 migrante aangehou wat probeer het om Spanje se Noord-Afrika-staatsgebied, Ceuta, te bereik. Veiligheidsbronne sê 111 mense is by Fnideq, naby die grens, aangehou, waarvan die meeste uit Afrika suid van die Sahara kom. Polisie en beamptes met onluste-toerusting, het traangas gebruik om groepe wat op nabygeleë heuwels bymekaar […]
# Reddingspanne soek na oorlewendes nadat ‘n kragtige aardbewing van 7,7 Indonesië se eiland Flores getref het, met minstens 51 mense dood. Die aardbewing het vroeg gisteroggend voorgekom en is gevolg deur tientalle naskokke. Honderde geboue is erg beskadig, met Manggarai wat die ergste deurgeloop het. Indonesië se rampagentskap sê hulp word na rampgeteisterde gemeenskappe […]
# Sokker: Marokko is gister tydens die Afrikabeker vir Vroue verder teleurgestel toe hulle na ‘n gelykop-uitslag met strafdoele 3-2 teen Algerië verloor het in die uitspeelwedstryd om die derde plek in Rabat. Kautar Azraf het Marokko laat voorloop voordat Lina Boussaha in die 83ste minuut vir Algerië gelyk gemaak het. Marokko het toe drie […]
# Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, en die Russiese president, Vladimir Putin, het hul noue bande herbevestig in boodskappe ter viering van Korea se Bevrydingsdag. Die twee leiers het boodskappe uitgeruil op die 81ste herdenking van Korea se bevryding van Japanse koloniale bewind in 1945. Hul jongste kontak volg terwyl Noord-Korea en Rusland politieke […]
# Rugby: Die All Blacks het ‘n massiewe oorwinning van 50-19 oor die Bulle in Pretoria behaal en hul onoorwonne Suid-Afrikaanse toer voortgesit. Nieu-Seeland het ‘n oorheersende vertoning gelewer en agt drieë gedtruk teen ‘n Bul-span wat gesukkel het om die mas op te kom. Die oorwinning versterk die All Blacks se momentum voor hul […]
Rugby: Die Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die Pumas het met rustyd met 15-0 voorgeloop en die tweede helfte oorheers ten spyte van ‘n kort terugkeer deur die Stormers. Nevaldo Fleurs het sy merk gemaak, akkuraat geskop en gehelp om drieë […]
# Gholf: Austin Bautista van Australië het die FNB Eswatini-uitdaagtoernooi by die Ezulweni Gholf- en Buiteklub met twee houe gewen. Bautista het ‘n laaste rondte van 67 aangeteken en op 17 onder baansyfer geëindig om sy tweede Sonskyntoer-titel te verseker. Hy het die laaste rondte twee houe agter die voorloper begin, maar na ses voëltjies […]