Skip to content

’n Ekonoom sê die regering kan nie die AGOA-krisis ignoreer nie

# Aluma Capital se hoofekonoom, Frederick Mitchell, sê die feit dat Suid-Afrika uitgesluit is van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, beteken die land verloor mededingendheid in nis-uitvoermarkte en kan duisende werksgeleenthede verloor. In 2025 het 89-persent van Suid-Afrika se uitvoere na Amerika onder gewone handelsterme plaasgevind, en sowat 10-persent onder AGOA, teenoor 28-persent in 2024. Mitchell sê die regering kan nie bekostig om die krisis te ignoreer nie, en moet oor pragmatiese bilaterale handelsoplossings onderhandel en gemeenskaplike kommer oor veiligheid en beleid aanspreek.