# Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê Dinsdagaand se massaskietery in die Jumpers informele nedersetting in Cleveland, Johannesburg, kan gekoppel word aan onwettige mynbou in die gebied. Die skietery het die lewens van 12 mense geëis en minstens nege is gewond. Die polisie het ‘n soektog na ongeveer tien verdagtes van stapel gestuur. Mthombeni sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Valke het op 30 blokke kokaïen by die Durbanse hawe beslag gelê. Dit volg dae na beslag gelê is op ʼn groot dwelmbesending by dieselfde hawe toe sowat 90 kilogram kokaïen gevind is wat op vragmotors van Brasilië versteek was. ʼn Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê na intelligensie-geleide risikoprofiel-samestelling en […]
# Die Namibiese Kamer van Mynwese sê beleidsekerheid bly van kritieke belang om beleggings in die mynbousektor te lok en te behou. Die regering oorweeg ‘n beleid waarvolgens nuwe mynbou-ondernemings plaaslike eienaarskap van 51-persent moet hê. Die kamer se uitvoerende hoof, Fabian Shaanika, sê voornemende beleggers benodig duidelike en voorspelbare regulasies. Hy sê die bedryf […]
# Iran se Revolusionêre Wagkorps het vergeldingsaanvalle uitgevoer op Amerikaanse teikens in die Midde-Ooste. Dit sluit in ‘n Lugmagbasis in Jordanië wat Amerikaanse magte huisves, asook in Koeweit en Bahrein. Dit volg op Amerikaanse aanvalle op lugafweerstelsels, grondbeheerstasies en radar-stellings in Teheran nadat ʼn Amerikaanse helikopter Maandag afgeskiet is. Iran sê sy magte is gereed […]
# Krieket: Ben Stokes oorweeg volgens berigte om uit te tree as Engeland se kaptein. Hy en sy spanmaat, Gus Atkinson, word ondersoek nadat hulle blykbaar span-protokolle oortree het. Hulle was Maandag in die vroeë oggendure betrokke in ʼn onderonsie met ʼn Saracens-akademiespeler in ʼn Londense nagklub. Die voorval na Engeland se oorwinning oor Nieu-Seeland […]
# Amerikaanse magte het uit vergelding drie reekse aanvalle teen Iran uitgevoer nadat ʼn Apache-weermaghelikopter afgeskiet is. President Donald Trump beskuldig Teheran dat hy Maandag die helikopter oor die Straat van Hormoes afgeskiet het. Die twee bemanningslede aan boord is gered. Amerika se Sentrale Bevel sê die aanvalle is in verhouding met Iran se onregverdigbare […]
# Eskom sê hy versnel die ontwikkeling van hernubare energieprojekte op nutsskaal en ondersteun groter kragverbruikers om hul energie-oorgangsdoelwitte te bereik. Dit nuutgestigte Eskom Green-afdeling, sal teen 2030 ses gigawatt koolstofvrye elektrisiteit beskikbaar hê. Sowat tien-miljard-rand is oor die volgende vyf jaar aan Eskom Green toegeken. Die kragvoorsiener se groepbestuurder vir hernubare energie, Rivoningo Mnisi, […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering werk daaraan om toegang tot geregtigheid vir almal te verbeter deur howe te rasionaliseer. Die Kabinet het ʼn meesterplan goedgekeur om howe se grense aan te pas en waar nodig nuwe reg-setels te vestig. Dis deel van pogings om werkladings te verlig […]
# Die ANC in Gauteng se provinsiale taakspan het met die oog op die plaaslikeregeringsverkiesing in November, Hassan Mako as sy burgemeesterskandidaat vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aangewys. Hy sal die voormalige burgemeester Sipho Radebe vervang, wat verlede week deur die party afgedank is. Die ANC sê Mako bring omvattende ervaring as ‘n gemeenskapsontwikkelingswerker asook […]