# Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Australiese kolwer Marnus Labuschagne is uitgelaat vir die reeks van vier toetse teen Nieu-Seeland. Die 32-jarige sukkel tans en kon net ‘n gemiddeld van 23.66 lopies aanteken in tien toetse sedert sy teruggekeer na verlede seisoen se reeks om die As. Hy kon in 19 kolfbeurte net twee vyftigtalle behaal en het in 2023 teen Engeland laas honderd gekry. Labuschagne kon in die eerste twee toetse teen Suid-Afrika nie by 40 uitkom nie en is in die laaste toets uitgehaal vir ‘n nulletjie en vier.
Krieket: Sukkelende Labuschagne uitgelaat vir Australië se toetsreeks teen Nieu-Seeland