# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ‘n finale verbeurdverklaringsbevel toegestaan aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir 326-miljoen-rand se bates van die korrupsiebeskuldigde sakeman, Hangwani Morgan Maumela, en sy geaffilieerde maatskappye. Volgens forensiese ondersoeke is die Maumela-sindikaat na bewering as ‘n hoogs georganiseerde netwerk bedryf wat die verkrygingstelsels by die Tembisa-hospitaal sistematies gemanipuleer het. Hulle […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering reageer op die behoefte om toegang tot veilige en betroubare water aan gemeenskappe uit te brei deur die nasionale program om toegang tot water te versnel. Die program is veronderstel om die tyd tussen die identifisering van ʼn gemeenskap se behoefte en die lewering van water te verkort. […]
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê sy land is steeds bereid om ʼn diplomatieke oplossing met Iran te bereik. Amerika se Weermag het gisteraand die negende agtereenvolgende nag aanvalle op Teheran uitgevoer. Die afgelope drie weke is minstens 50 mense dood en meer as 500 beseer. Sewentien Amerikaanse soldate is in […]
# Sokker: Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, het die eerste speler geword om ‘n Wêreldbekertoernooi se Goue Stewel twee keer te wen. Sy tien doele maak hom die Wêreldbeker se beste doelskieter ooit met altesaam 22. Rodri, wat ‘n sleutelspeler was in Spanje se opmars na ‘n tweede titel, het die Goue Bal vir beste […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het oproepe vir die verwydering van afgetrede regter Takalani Raulinga as oorsigregter van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, veroordeel. Die MK-party beskryf Raulinga se aanstelling as ʼn oordeelsfout weens sy noue bande met die ANC. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê oproepe vir Raulinga se verwydering is […]
# Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wag sê die Straat van Hormoes sal onveilig bly as wat hy noem “Amerikaanse aggressie” in die Midde-Ooste voortduur. Dit volg nadat Washington en Teheran vir ‘n negende agtereenvolgende dag wedersydse aanvalle uitgevoer het. Die groep beweer twee tenkskepe, wat nie aan die vereistes voldoen nie is aangeval, nadat hulle […]
# Gholf: Die Nieu-Seelander Ryan Fox het die 154ste Ope en sy eerste major-titel gewen op Royal Birkdale in Engeland. Die 39-jarige Fox het een hou voor die Amerikaner Cameron Young klaargemaak en die Claret Jug omhoog gehou. Nog ʼn Amerikaner, Sam Burns, was derde, en sy landgenoot, wêreld-nommer-een Scottie Scheffler, en Tommy Fleetwood van […]
# Die verhoor van 62 vermeende aanhitsers van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng begin vandag in die Durban Hooggeregshof. Altesaam 354 mense is tydens die protesoptrede vyf jaar gelede dood. Vyf-en-sestig mense is aanvanklik aangekla, maar drie is sedertdien dood. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van terrorisme, aanhitsing tot openbare geweld en […]
# Die Amerikaanse weermag het Sondagaand die negende agtereenvolgende nag aanvalle op Iran uitgevoer. Dit volg nadat ʼn Amerikaanse soldaat Saterdag in die noorde van Irak dood is, en twee ander Vrydag gesterf het tydens aanvalle in Jordanië. Amerika se Sentrale Bevel sê die aanvalle sal voortgaan om Iran se militêre vermoë te vernietig. President […]