# Die Madlanga-kommissie het ʼn Reël 10.6-kennisgewing beteken aan die omstrede taxi-baas van Mpumalanga, Joe ‘Ferrari’ Sibanyoni. Dit vereis dat hy reageer op vrae oor sake wat die kommissie ondersoek. Die vrae hou volgens berigte verband met vermeende misdaadsindikate en sy verhouding met die oorlede taxibaas, Jothan “King Mswazi” Msibi, en die omstrede sakeman, Steven […]
# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land het slegs sowat een-persent van die vereiste Patriot-onderskepmissiele in voorraad wat nodig is om die land teen Russiese ballistiese aanvalle te beskerm. Moskou het die afgelope weke sy ballistiese-missielaanvalle op Kiëf verskerp. Daar is tans wêreldwyd ʼn tekort aan onderskepmissiele weens die VSA-Israelse oorlog teen Iran. […]
# Business Leadership South Africa sê die Openbare Beleggingskorporasie se bestuur moet deeglik hersien word. Die Gautengse Hooggeregshof het verlede week die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, se skorsing nietig verklaar omdat slegs die minister van Finansies, en nie die raad nie, gesag het om dit te doen. Die Mpati-kommissie het bevind ministeriële beheer oor die […]
# Die dodetal in die veerboot-tragedie op die Kariba-meer in Zimbabwe het tot 44 gestyg. ʼn Oorlaaide veerboot met 120 mense aan boord, wat kinders en vyf bemanningslede insluit, het omgeslaan nadat dit groot branders getref het. Volgens Zimbabwe se burgerlike beskermingseenheid het die boot plek vir 90 mense. Tot dusver is 77 mense gered. […]
# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle sien uit na Saterdag se geleentheid om op Loftus Versfeld met die All Blacks kragte te meet. Die Bulle moes aanpassings maak omdat hulle gewoonlik pas sou terugkeer van hul blaaskans tussen seisoene. Die All Blacks het die Stormers en die Haaie verslaan in hulle […]
# Die parlementêre Ampsklagkomitee sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing wat die regstreekse aansoek vir verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se interdik, van die hand wys. Die African Transformation Movement het verlede maand gepoog om die hof-uitspraak tersyde te stel en ‘n parlementêre […]
# Die Internasionale Energie-agentskap het gewaarsku dat die wêreld se olievoorraad vanjaar verder sal daal as wat voorheen verwag is, as gevolg van die sluiting van die Straat van Hormoes. Die belangrike waterweg is deur Iran gesluit sedert die VSA-Israelse oorlog met Teheran einde Februarie uitgebreek het. Die agentskap sê die wêreldwye olievoorraad sal vanjaar […]
# Die mynwerkersvakbond N-U-M se nasionale uitvoerende komitee gaan Eskom se herstrukturering in die hof uitdaag en sê hy sal tot by die Konstitusionele Hof gaan. President Cyril Ramaphosa het verlede maand ʼn plan ondersteun vir die vestiging van ʼn onafhanklike transmissiestelsel-operateur. Dit sal Eskom se eeu-oue alleenheerskappy beëindig en privaat vervaardigers en handelaars toelaat […]
# Die EFF sê Statistiek Suid-Afrika se jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname is ‘n veroordeling van die regering se huidige ekonomiese beleidsrigting en ‘n aanduiding van ‘n duidelike behoefte aan nuwe leierskap. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,6-persent gestyg, ‘n toename van 0,9 persentasiepunte teenoor die 32,7-persent in die […]