# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sal nie die name bekend maak van Suid-Afrikaners wat deur die onlangs aangekondigde visumbeperkings geraak word nie. Die beperkings, wat verlede week aangekondig is, is gemik op individue wat deur die VSA beskuldig word van betrokkenheid by rassediskriminasie. Dit […]
# Die groot Amerikaanse televisienetwerke NBC, ABC, CBS en Fox News steun CNN deur hul gesamentlike mediadekking van die Withuis te staak. Hulle sal nie verslag doen oor president Donald Trump se geleenthede nie. Dit volg nadat Trump CNN, Politico en MS NOW toegang tot die Withuis geweier het, na beweringe dat die organisasies “fiksie […]
# Die nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die negende vrou wat sedert Julie vanjaar […]
# Voorlopige uitslae in Rusland se eerste parlementêre oorlogstyd-verkiesing, toon die hoofparty in die Kremlin oorheers die verkiesing. Volgens aanvanklike inligting deur die Sentrale Verkiesingskommissie is die Verenigde Rusland-party, wat president Vladimir Putin ondersteun, die voorloper met bykans 58-persent van die stemme. Betekenisvolle opposisie bestaan feitlik nie in Moskou nie, met kritici wat verbied word […]
# Krieket: Die Protea-vroue se hoofafrigter, Mandla Mashimbyi, sê hulle het hul doelwitte op die Zimbabwiese toer bereik en ook meer spelers ʼn geleentheid gegee. Suid-Afrika het 5-0 skoonskip gemaak in hul geskiedkundige eerste T20-reeks teen hul buurvroue. Kaptein Laura Wolvaardt en Miané Smit het uitstaande vertonings gelewer en honderdtalle aangeteken. Annerie Dercksen het in die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op die ergste moontlike scenario rondom betrekkinge met Amerika. Die Amerikaanse regering het nuwe visumbeperkings ingestel weens beweerde diskriminerende beleid. Lamola lei dié week die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 81ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New […]
# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, sê hy sal nie bedank nie, al toon meningsopnames dat sy party, die sentrum-regse Christen Demokratiese Unie, in twee plaaslike verkiesings groot nederlae kan ly. Die verregse Alternatief vir Duitsland sal na verwagting die noordoostelike staat, Mecklenburg-Vorpommern, met 38-persent wen. In die ander verkiesing loop die linkse Die Linke-party […]
# Sokker: Real Madrid se afrigter, José Mourinho, sê wedstrydbeamptes kon nie die druk hanteer nie nadat sy span 2-1 teen Atlético Madrid verloor het in La Liga. Hy meen Atlético moes in die eerste helfte twee rooikaarte gekry het: een vir verdediger Cristian Romero wat op Jude Bellingham getrap het, en ‘n tweede vir […]
# Die Mpumalanga-taxibaas, Joe “Ferrari” Sibanyoni, verskyn vandag weer voor die Madlanga-kommissie. In sy vorige verskyning in Augustus, het hy talle ernstige bewerings gemaak oor die taxibedryf, vermeende misdaadnetwerke en sy eie ervarings. Volgens hom gebruik sommige taxiverenigings ‘swendel-geld’ om huurmoordenaars vir sluipmoorde te betaal. Sibanyoni en sy drie medebeskuldigdes is tans uit op borgtog. […]