Skip to content

EU-vervoerkommissaris sê dit is ‘te vroeg’ om te sê of bomdreigemente teen meer as 20 vlugte met mekaar verband hou

Die Europese Kommissaris vir Vervoer, Apostolos Tzitzikostas, sê dit is te vroeg om te bepaal of ‘n reeks bomdreigemente teen vlugte regoor Europa met mekaar verband hou. Passasiers en bemanningslede op minstens 18 vliegtuie is gister deur bomdreigemente geraak. Verskeie vlugte is herlei, en sommige moes deur vegvliegtuie begelei word. Die dreigemente is na bewering in ‘n anonieme e-pos gemaak. Dinsdag is minstens sewe vlugte deur soortgelyke dreigemente geraak, maar geen plofstof is gevind nie. Tzitzikostas sê die owerhede monitor die situasie noukeurig en ondersoeke duur voort.