# Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis, Micah Reddy, en sy plaaslike helper, Kooki Mahmoud, word volgens berigte in Djiboeti in Oos-Afrika vermis. Die omstandighede rondom die verdwyning van die twee mans, wat Saterdagmiddag vermis geraak het, is onbekend. Reddy is die Afrika-koördineerder by die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Hy sou na verwagting vandag die land […]
# Rugby: Die ervare tweemanskap, Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende, sal nie Sondag in die Springbokke se eenmalige toetswedstryd teen Australië in Perth speel nie. Hulle is ná ‘n veeleisende werkslas vrygestel. Die afrigter, Rassie Erasmus, sê die toergroep beskik oor genoeg ervaring vir die wedstryd teen die Wallabies. Die wedstryd is vir […]
The headlines of the leading newspapers on 21 September 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports the Public Service Commission will ask the Treasury for an additional 435-million-rand following the expansion of its mandate. Under recent amendments to the Public Service Commission Act, municipalities have now been placed under the commission’s oversight. # And the Netwerk24 […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Staatsdienskommissie gaan die Tesourie vir nog 435-miljoen-rand vra nadat sy mandaat uitgebrei is. Volgens onlangse wysigings aan die Wet op die Staatsdienskommissie word munisipaliteite nou onder die kommissie se toesig geplaas. # En die Netwerk24-webblad: Berig die Zimbabwiese […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, is ingeroep om te help met die ondersoek na die Ekurhuleni-moorde. ‘n Hoëvlak-, multidissiplinêre span is aangewys om die moorde op nege vroue te ondersoek. Terselfdertyd het die polisie ‘n beloning van 400-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat kan […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie. Die owerhede […]
# Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha sê hulle het ‘n […]
# Vyftien mense is in die suidelike Nigeriese staat Ondo aangekeer na die dood van 49 mense wat ʼn plaaslik-vervaardigde alkohol-brousel gedrink het wat vermoedelik metanol bevat. Altesaam 182 mense is moontlik geraak. Die staat se Gesondheidskommissaris, Banji Ajaka, sê owerhede het waarneming en kontak-opsporing verskerp om die bron van die giftige brousel op te […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde uitstel verkry. Didiza sê […]