# ‘n Italiaanse hof het die land se voormalige snelwegbestuurders tot tronkstraf gevonnis, insluitend die voormalige bestuurshoof, Giovanni Castellucci, wat 12 jaar tronkstraf opgelê is oor die Genua-brugramp. Drie-en-veertig mense is dood toe die snelwegbrug in Augustus 2018 in ‘n reënstorm met voertuie daarop ineengestort het. Castellucci, wat reeds ‘n ses jaar uitdien vir ‘n […]
# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie het die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor se ondersoek verwelkom nadat ‘n verklikker beweerde onetiese praktyke uitgelig het. Die owerheid is bekommerd oor die onlangse verwikkelinge in die OBK, veral dié van bestuur en leierskaps-bestendigheid. Dit volg op die voorlopige skorsing van bestuurshoof Patrick Dlamini na bewerings van […]
# Die African Transformation Movement sê president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Wes-Kaapse Hooggeregshof om ʼn interdik te kry teen die Artikel 89-ampsklagproses, voldoen nie aan die regsdrempel om onherstelbare skade te bewys nie. Die president wil hê die Parlement moet sy ampsklagprosedure staak tot die hof die Artikel 89-verslag oor Phala Phala wat […]
# Die onteerde R&B-sanger R Kelly het die Amerikaanse president, Donald Trump, formeel versoek om sy vonnis van 30-jaar tronkstraf te versag. Die 59-jarige, wie se volle naam Robert Sylvester Kelly is, is in 2021 skuldig bevind aan die bedryf van ‘n misdaadonderneming wat vroue en minderjarige meisies vir onwettige seksuele bedrywighede en pornografie gewerf […]
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, erken dit was moeilik om ‘n finale groep saam te stel vir die Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Die groep van 26 word môre aangekondig uit die voorlopige groep van 31 wat tans ʼn oefenkamp bywoon. Suid-Afrika is saam met die Ivoorkus, Burkina Faso en Tanzanië in […]
# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn wysing aan ʼn Staatsdepartement-bestedingswetsontwerp met ʼn oorweldigende meerderheid verwerp. Die wetsontwerp sou Amerikaanse militêre hulp aan Israel keer. Meer as 100 Demokrate het die maatreël ondersteun teenoor 37 wat twee jaar gelede vir ʼn soortgelyke voorstel gestem het. Die wysiging wat deur die Republikein, Thomas Massie, voorgestel […]
# Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, wil volgende maand sy terugkeer maak op die Cincinnati-ope. Hy is op die inskrywingslys ingesluit. Die Spanjaard was sedert April buite aksie nadat hy sy polsgewrig beseer het in die eerste ronde van die Barcelona-ope. Dit het hom gedwing om aan toernooie in Madrid en Rome te […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party gaan voort met voorbereidings vir die verkiesing van plaaslike regerings in November, insluitend die finalisering van burgemeesterskandidate. Hy sê die party is amper klaar met onderhoude vir metro’s en sal binnekort kandidate in sekondêre stede kies. Die ANC finaliseer ook die meer as tien-duisend […]
# Die Gautengse taakspan oor politieke moorde het ʼn 35-jarige man gearresteer in verband met die moord op die EFF se sekretaris vir Tshwane Streek 2 en verkiesings-koördineerder, Monicca Dube. Die 44-jarige Dube is verlede maand talle kere geskiet by haar huis in Wallmannsthal, noord van Pretoria. Die verdagte sal na verwagting vandag in die […]