Skip to content

Ipsos sê jong Suid-Afrikaners voel dat nie een party hulle verteenwoordig nie

# ʼn Nuwe Ipsos-peiling toon dat 50-persent geregistreerde jong Suid-Afrikaanse kiesers tussen 18 en 24 sê geen politieke party verteenwoordig hul standpunte nie. Slegs 27-persent stel in verkiesings en politiek belang. Die EFF en ANC het elk 17-persent van jong kiesers se ondersteuning, gevolg deur die MK-party met 15-persent en die DA met 13-persent. Mari Harris van Ipsos sê baie jongmense is nie oortuig dat hul demokratiese reg om te stem die kwessies wat vir hulle saak maak, kan aanspreek nie.