# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê ‘n nouer vennootskap met Europa is daarop gemik om veerkragtigheid te skep eerder as selfvoorsiening. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorgestel dat Kanada die blok se eerste assosiaatlid word – ‘n status wat tans nie bestaan nie. Die EU en Kanada […]
# Rugby: Die gewese Engelse losskakel Stuart Barnes sê dit sal ‘n span aangevoer deur ‘n talentvolle speler soos Ardie Savea van Nieu-Seeland of Antoine Dupont van Frankryk vereis om die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te klop. Suid-Afrika gaan volgende jaar in Australië probeer om ‘n ongeëwenaarde derde agtereenvolgende titel te wen. Barnes […]
# President Donald Trump van Amerika dreig om “streng tariewe” in te stel of handel met die Europese Unie te staak indien Kanada dié blok se eerste assosiaatlid word. Kanada is tans in ʼn handelsoorlog met Amerika gewikkel, wat veroorsaak dat Ottawa nouer ekonomiese en veiligheidsbande met Europa soek. Trump, wat herhaaldelik voorgestel het dat […]
# Fidji het ʼn nasionale MIV-noodtoestand afgekondig. Tans leef een uit elke 60 mense met die virus, terwyl nuwe gevalle skerp styg. Vyf jaar gelede was die syfer een in 167. Volgens UNAIDS was slegs 39-persent van die geraamde nege-duisend-100 mense in Fidji wat in 2025 MIV-positief was, bewus van hul status en slegs 22-persent […]
# Die Nasionale Tesourie sê die regering sal seker maak Eskom se ontbondelingsproses word versigtig beplan en bestuur om alle risiko’s te hanteer. Die proses om eienaarskap en beheer van die kragverskaffer se netwerkbates aan ʼn onafhanklike transmissiestelsel-operateur oor te dra, gaan voort. Die operateur sal toesig hou oor die stelsel en bemarking, en die […]
# Die polisie het die identiteit van die agtste vrou wie se liggaam in KwaThema in Springs aan die Oos-Rand gevind is, bekend gemaak. Sy is uitgeken as die 38-jarige Dineo Evelyn Motapane. Volgens die polisie is Motapane Sondag laas lewend gesien en teen die tyd wat haar liggaam ontdek is het haar familie haar […]
# RISE Mzansi sê president Donald Trump van Amerika se poging om Suid-Afrika te dwing om van hervormingswette en grondwetlike orde ontslae te raak, moet verwerp word. Dit volg nadat die Trump-administrasie nuwe visumbeperkings ingestel het op mense in Suid-Afrika wat hy beskuldig van betrokkenheid by rasgebaseerde diskriminasie en grond-oorname sonder vergoeding. RISE Mzansi se […]
# Swem: Suid-Afrika se mees bekroonde Olimpiese swemmer, Tatjana Smith, keer terug ná haar uittrede wanneer sy volgende week aan die Suid-Afrikaanse kortbad-kampioenskap in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, deelneem. Die 29-jarige het in 2024 uit alle kompetisies getree nadat sy goud en silwer verower het op die Olimpiese Spele in Parys. Smith sal in die 50-, 100- […]
# Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van president Donald Trump se […]