# Sokker: Die heersende kampioen, Argentinië, het twee laat doele aangeteken om Engeland 2-1 te klop in hulle Wêreldbeker-halfeindstryd in Atlanta, en speel Sondag in die eindstryd teen Spanje. Anthony Gordon het Engeland laat voorloop, maar Enzo Fernandez het in die 85ste minuut sake gelykop gemaak voor die plaasvervanger, Lautaro Martinez, die wendoel in die […]
# Amerika se weermag het gisteraand ʼn nuwe reeks aanvalle teen Iran uitgevoer. Hy sê dit was gemik op Iran se militêre vermoë om vaartuie te bedreig wat vryelik deur die Straat van Hormoes beweeg. Dit volg nadat Iran beweer het hy het Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval, insluitend in Bahrein en Koeweit. […]
The headlines of the leading newspapers on 16 July 2026: NATIONAL: # Business Day: Reports on president Cyril Ramaphosa’s court application against the section 89 report. The paper writes judge André le Grange told Ramaphosa’s counsel, Wim Trengove SC, in the Western Cape High Court that the president apparently believes that his word should carry […]
# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê sy regering neem die hele samelewing in ag wanneer hulle vertroue wil herstel, dienslewering versnel en nuwe hoop skep. Hy noem uitdagings soos voortslepende ekonomiese probleme, klimaat-verwante rampe en die gevolge van die onluste in Julie 2021. Ntuli sê die provinsie toon tekens van ekonomiese herstel, met onder meer ʼn […]
# Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend ʼn proklamasie uit te vaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om saam met die Staatsveiligheidsagentskap verpligte leefstyloudits uit te voer, veral in wetstoepassing en die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het gehoor slegs vyf uit 823 senior leiers in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope vyf jaar […]
# Rugby: Die mees ervare vroue-toets-skeidsregter, Aimee Barrett-Theron, het ‘n blaaskans geneem nadat sy met borskanker gediagnoseer is. Die 39-jarige Suid-Afrikaner het reeds 52 toetse hanteer. Sy was verlede maand skeidsregter in die wedstryd tussen Suid-Afrika ‘A’ en Zimbabwe in Gqeberha. Barrett-Theron sê sy is vasbeslote om ná haar behandeling en herstel as ʼn sterker […]
# Die uittredende Britse eerste minister, Keir Starmer, sê hy is trots op alles wat hy gedurende sy tweejaar-termyn vermag het. Hy het gister die laaste keer vrae van wetgewers in die Laerhuis beantwoord. Starmer sal na verwagting Maandag die leisels aan Andy Burnham oorhandig nadat die burgemeester van Groter-Manchester Vrydag tydens ʼn spesiale konferensie […]
# Twee nie-uitvoerende direkteure van die beleërde Openbare Beleggingskorporasie het bedank weens hulle kommer oor bestuur. Thabi Nkosi en Nosiphiwo Balfour se bedanking kom dae nadat die direksie besluit het om uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, voorlopig te skors na ‘n fluitjieblaser se bewerings van onbehoorlike bestuur. Die hoof finansiële beampte, Batandwa Damoyi, is as waarnemende […]
# Iran het gedreig om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste te stop, na die VSA sy vlootblokkade teen Iranse hawens herstel het. Die twee lande het mekaar gister vir ‘n vyfde dag aageval. Iran se Rewolusionêre Wag sê die uitvoer van olie en gas uit die streek sal óf vir almal óf vir niemand wees […]