# Die EFF sê Suid-Afrika sal goed vaar sonder die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die VSA sal die land volgende jaar om verskeie redes van die belastingvrye handelsooreenkoms uitsluit, insluitend weens hindernisse wat Amerikaanse handels- en beleggingspraktyke ondermyn. Volgens die EFF was AGOA ‘n voorwaardelike handelsooreenkoms waardeur Amerika sy eie geopolitieke en ekonomiese belange wou bevorder, terwyl dit druk op Afrika-lande geplaas het om hul politieke en buitelandse beleidsbesluite in lyn te bring met dié van die VSA. Die party sê Suid-Afrika moet wêreldwye handelvennootskappe volgens sy eie voorwaardes nastreef.
Die EFF sê Suid-Afrika moet internasionale handelsvennootskappe volgens sy eie voorwaardes nastreef