# Die Amerikaanse weermag het aanvalle op Iran se Qeshm-eiland uitgevoer, ure voordat Amerikaners na die stembus gaan vir die middeltermynverkiesing. Dit is volgens berigte in reaksie op ‘n aanval deur Teheran se Islamitiese Revolusionêre Wag op ‘n Amerikaanse vliegtuig. President Donald Trump het Maandag aangedui diplomasie met Iran bly steeds ‘n opsie, en ‘n ooreenkoms “kan moontlik bereik word.” Die spanning tussen die VSA en Iran was ‘n belangrike gesprekspunt in die aanloop tot die middeltermynverkiesing. Die konflik raak die Amerikaanse ekonomie en dryf wêreldwye brandstofpryse op.
Amerikaanse weermag val Iran se Qeshm-eiland aan in aanloop tot middeltermynverkiesing