# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het sy hoop lewend gehou om vir die ATP-jaareindtoernooi te kwalifiseer na ‘n oorwiniing die eerste ronde van die Parys Ope. Die Serwiër het die ster van Monaco, Valentin Vacerot, met 6-7, 7-5, 6-1 geklop. Djokovic moet minstens die halfeindronde in Parys haal om vir die ATP-jaareindtoernooi in Turyn te kwalifiseer. Casper Ruud van Noorweë het die negende gekeurde Spanjaard, Rafael Jodar, uitgeskakel. Die derde gekeurde Amerikaner, Ben Shelton, het die Brit, Cameron Norrie, afgeransel terwyl die Italianer, Matteo Berrettini, met Brandon Nakashima afgereken het.
Tennis: Djokovic wen Vacerot naelskraaps om hoop op ATP-jaareindtoernooi lewend te hou