# Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, verwag ‘n groot stylbotsing in vanaand se wedstryd teen die All Blacks in Kaapstad. Hy sê sy span se deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap beteken hulle het nog nie voorheen ‘n kenmerkende speelstyl soos dié van die All Blacks teëgekom het nie. Dobson dink egter die Stormers […]
# eThekwini-burgemeester Cyril Xaba het skok uitgespreek oor die moord op die ANC-wyksraadslid, Sibusiso Khwela in Klaarwater, wes van Durban. Volgens voorlopige ondersoeke was die oorledene saam met verskeie gemeenskapslede in sy kantoor, toe ʼn onbekende verdagte inkom, hom talle kere skiet en van die toneel vlug. Khwela was verantwoordelik vir Wyk 17 in eThekwini. […]
# President Donald Trump van Amerika sê sy land se krygstuig-voorraad is massief en brei teen ʼn geskiedkundige tempo uit. Volgens berigte het die Amerikaanse leër byna 80-persent van sy onderskeppers vir sy grond-tot-lug-missielverdedigingstelsels opgebruik. Die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies berig dat Amerika teen einde Julie tussen 759 en 827 Patriot-missiele oorgehad het […]
# Die Departement van Verdediging sê die oorbesteding aan salarisse is die gevolg van begrotingsbeperkings, nie finansiële wanbestuur of ‘n opgeblase administrasie nie. Die departement se vergoedingsbegroting is met ongeveer 3,7-miljard-rand oorskry, ‘n tekort van meer as 13-miljard-rand oor die volgende drie jaar. Die departement het tans 72-duisend-en-95 personeellede, wat tot 79-duisend-349 styg wanneer die […]
# President Cyril Ramaphosa het Sasol se bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie geprys en die maatskappy se rol in die ondersteuning van industrialisering, energiesekerheid, vervaardiging, infrastruktuurontwikkeling en werkskepping beklemtoon. Hy het gister Sasol se Secunda-aanleg in Mpumalanga besoek, waar ongeveer 35-miljoen-ton plaaslik ontginde steenkool elke jaar verryk word. Dit is om ‘n wye reeks brandstof- […]
# Tennis: Die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die vierde-gekeurde Daniil Medvedev van Rusland is uitgeskakel uit die Kanadese Ope in Montreal. Zverev het verloor teen Tallon Griekspoor, terwyl nog ‘n Nederlander, Botic van de Zandschulp, vir Medvedev verslaan het. Die sewende-gekeurde Taylor Fritz het in skoon stelle verloor teen die Argentyn Thiago Agustin […]
# NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê hulle werk daaraan om Oekraïne die lugverdediging te gee wat hy dringend benodig. Rusland het gister 24 ballistiese missiele op Kiëf afgevuur en minstens 17 mense is dood. Oekraïne kon volgens berigte nie daarin slaag om ‘n enkele missiel af te weer nie. Die voorraad lugverdedigings-missiele van Oekraïne […]
# Die Dangote Petroleum-raffinadery het amptelik sy aansoek vir ‘n aanvanklike openbare aanbod by Nigerië se Sekuriteite- en Uitruilkommissie ingedien, met die oog op ‘n hoofnotering op die Nigeriese Beurs. Dit sal na raming die grootste aandele-uitgifte in Afrika se geskiedenis te wees, teen sowat 653,4-miljard-rand. Die Johannesburgse Aandelebeurs poog om ‘n sekondêre notering te […]
# Mpumalanga se polisie sê daar is tans nie ‘n aanduiding van gemene spel in die dood van twee tieners van St Stithians College nie. Die liggame van die 19-jarige Ethan Coetzee en die graad 11-leerder Cameron Waldeck-Cooks is Maandag in ‘n lodge in Sabie ontdek. Coetzee het verlede jaar matriek geskryf en vir die […]