# Twee van die drie beskuldigdes in die diefstal van ongeveer tien-miljoen-rand in kontant by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in Februarie 2020 is skuldig bevind. Die Modimolle-streekhof het die beweerde meesterbrein agter die inbraak, Imanuwela David, skuldig bevind aan sameswering om inbraak te pleeg met die opset om te steel, diefstal en geldwassery. Die tweede beskuldigde, Floriana Joseph, is skuldig bevind aan sameswering om inbraak te pleeg met die opset om te steel. Die hof het die derde beskuldigde Ndilinasho David Joseph, vrygespreek.
Twee van die beskuldigdes in die multi-miljoen-rand-inbraak by Ramaphosa se Phala Phala-plaas skuldig bevind