# Die Verkiesingskommissie sê minstens 780-duisend Suid-Afrikaners kon gister, op die eerste dag van spesiale stemming, hul stemme uitbring. Meer as 2,6-miljoen kiesers is goedgekeur om voor môre se plaaslikeregeringsverkiesing te stem. Tydens ‘n mediavoorligting by die Nasionale Uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, het die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, gesê die eerste dag van spesiale stemming het relatief vlot verloop. Hy het bygevoeg dat hy hoop om vandag ‘n selfs hoër opkoms te sien:
Minstens 780 000 stemme is uitgebring op die eerste dag van spesiale stemming [KLANK]
ENG MamaboloOnFirstDaySpecialVoting