Skip to content

VF Plus sê Suid-Afrika dra nou gevolge van beledigings teen een van sy grootste handelsvennote

# Die Vryheidsfront Plus sê president Cyril Ramaphosa en die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, moet die skuld dra vir Suid-Afrika se uitsluiting van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Die VSA sal Suid-Afrika en Rwanda volgende jaar van die groot belastingvrye handelsooreenkoms tussen Afrika en die VSA uitsluit, weens strydighede met die ooreenkoms se geskiktheidskriteria. Die VF sê wanneer ‘n land voortgaan om een ​​van sy grootste handelsvennote te vervreem en te beledig maar sy vyande omhels, ten spyte van duidelike waarskuwings uit verskeie oorde, moet hy die gevolge verwag.