Skip to content

Russiese bomaanval op hulpsentrum in Oekraïne eis 26 lewens

# Ses-en-twintig mense is dood na ʼn Russiese aanval op ʼn skool wat as verspreidingsentrum vir humanitêre hulp gebruik is in die dorp, Komyshuvakha, in Oekraïne se suidelike Zaporizhzhia-streek. Vier polisiebeamptes en twee lede van ʼn reddingspan is onder die slagoffers. Vyf ander mense is volgens berigte beseer. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê dis nog ʼn teken dat Rusland nie aanvalle wil afskaal nie. Vandag is verklaar as ʼn amptelike dag van rou in die hele Zaporizhzhia-streek.