# Die regering erken werkers, uitvoerders en sakeondernemings se kommer nadat Amerika besluit het om Suid-Afrika van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika uit te sluit. Die land verloor volgende jaar sy belastingvrye marktoegang na Amerika, nadat Washington bevind het Pretoria se beleide is strydig met AGOA se vereistes. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê ten spyte van die regering se toegewings en hantering van Amerika se kommer, is daar nou nuwe kwessies. Hy sê die regering sal voortgaan om die land se uitvoermarkte uit te brei.
Regering erken die kommer oor Amerika se besluit om Suid-Afrika van AGOA uit te sluit