# President Donald Trump sê hy vertrou Iran nie en Amerika het algehele beheer oor die Seestraat van Hormoes. Teheran het verklaar hy sal nie die strategiese waterweg oopmaak nie, tensy Washington instem om oorlogsvergoeding te betaal en sanksies te beëindig. Sowat ‘n vyfde van die wêreld se olie en vloeibare gas beweeg normaalweg daardeur. […]
# Die ANC-ringkop en voormalige minister Naledi Pandor is bekommerd oor die nuwe private, eksklusiewe Afrikaanse Akademia-universiteit wat in Pretoria gebou word. Die nuwe kampus word ontwikkel deur ‘n vennootskap tussen Solidariteit en Kanton, teen ‘n verwagte koste van meer as drie-miljard-rand. Die universiteit sal voorsiening maak vir vyfduisend voltydse voorgraadse studente en eenduisend-500 nagraadse […]
# Thailand se regering het die uitreiking van nuwe lisensies om vuurwapens te besit, te koop of te dra gestaak na verlede se dodelike skietvoorval by ʼn skool. ʼn Veertienjarige seun het sy grootouers met sy oupa se vuurwapen doodgeskiet voor hy by die Debsirin Nonthaburi-skool buite Bangkok op mense losgebrand het. Vyf personeellede en […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina, het Naomi Osaka van Japan verslaan en is deur na die Kanadese Ope-halfeindronde in Toronto. Die Kazakstaniër kom teen Coco Gauff te staan nadat Belinda Bencic van Switserland weens ‘n heupbesering aan die kwarteindstryd teen Gauff onttrek het. In die ander halfeindstryd sal die Pool Iga Swiatek teen Elina […]
# Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, NATJOINTS, sê alle beskikbare hulpbronne is ontplooi om die veiligheid van 12 staats- en regeringshoofde te verseker wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se beraad op 16 en 17 Augustus in Durban bywoon. Omvattende voorbereidings vir sekuriteit is reeds in plek by die Durban Internasionale Konvensiesentrum, en intelligensiestrukture monitor die […]
# Netbal: Kaapstad het ‘n naelskraapse oorwinning van 56-55 oor Tshwane behaal en die nasionale kampioenskapstitel ingepalm in Kaapstad. Sigi Burger het in die laaste oomblikke die wendoel aangeteken. Mangaung het ‘n spannende oorwinning van 45-44 oor Johannesburg behaal in die uitspeelstryd om derde plek. In die Onder 21-afdeling het die verdedigende kampioen, Johannesburg, Tshwane […]
# Nooddienswerkers werk onverpoosd om oorlewendes te vind nadat ʼn aardbewing van 7.4 Maandag die weste van Colombia getref en meer as 240 lewens geëis het. Byna twee-duisend-600 mense is beseer en sowat 200 word vermis. Naskokke het gister in Cali voorgekom wat een van die stede is wat die ergste deurgeloop het. Nooddienswerkers in […]
# Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak dat 89-duisend-936 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die massa-repatriasie van onwettige buitelanders het die staat […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Departement van Binnelandse Sake het by die Tesourie aangeklop vir noodfondse aangesien die repatriasie van migrante sy begroting uitgeput het. Die repatriasie het sowat 300-miljoen-rand gekos. # En die Netwerk24-webblad: Berig die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, […]