# Die wêreld se ontwikkelende ekonomieë dra die swaarste las van ontwrigtings in skeepvaart deur die Straat van Hormoes, wat deur die konflik tussen Amerika en Iran veroorsaak word. Volgens ‘n nuwe verslag deur die VN-agentskap vir handel en ontwikkeling, UNCTAD, het 95 lande sedert Februarie stygings van meer as 20-persent in plaaslike dieselpryse ervaar. In Nigerië het dieselpryse tussen laat Februarie en die einde van Augustus met 83-persent gestyg, vergeleke met ‘n beskeie toename van nege-persent in Ierland. Die agentskap sê die hoër brandstofkoste het die algehele lewenskoste wêreldwyd opgestoot.
Straat van Hormoes se ontwrigting raak die wêreld se ontwikkelende ekonomieë die ergste