# Ongeveer 12-persent van die stemme is in twee-duisend-911 stemdistrikte getel. In Gauteng is 4,9-persent van die stemme bevestig, met die DA wat voorloop gevolg deur die ANC en ActionSA. In die Wes-Kaap, ‘n DA-vesting, is die party voor met 18,19-persent van die verklaarde stemme, gevolg deur die Patriotic Alliance en die ANC. In nog ‘n provinsie waar daar fel meegeding word, KwaZulu-Natal, loop die MK-party voor met 5,6-persent van die stemme getel, gevolg deur die ANC en die IFP. In die Oos-Kaap is 22-persent van die stemme bevestig, met die ANC wat voorloop.
Met 12% van stemme getel, loop die DA voor in Gauteng en die MK-party in KZN