Skip to content

Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê AGOA is ’n verlies vir die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse sitrusbedrywe

# Die Sitruskwekersvereniging van Suidelike Afrika sê die verlies van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is nie net nadelig vir die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf nie, maar ook vir Amerikaanse verbruikers. Die Amerikaanse regering het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se handel- en belegging-versperrings, korrupsie en kwessies wat met nasionale veiligheid en buitelandse beleid verband hou. Die vereniging se uitvoerende hoof, Boitshoko Ntshabele, sê hulle hoop ʼn toekomstige bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande sal erkenning gee aan seisoenale vars produkte se unieke plek in wêreldhandel.