# Die Verkiesingskommissie het begin om die eerste uitslae van die plaaslikeregeringsverkiesing bekend te maak. Die ANC is die eerste party om ʼn wyk te wen, en wel Wyk Drie in die Kamiesberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap, met 52,54-persent. Slegs drie-persent stemme is nasionaal klaar getel, en 939 van die 23-duisend-696 stemdistrikte is afgehandel. Die OVK sê die finale uitslag en toekenning van raadsetels sal binne sewe dae aangekondig word.
ANC word eerste party om ’n wyk te wen terwyl uitslae bekend raak