# Die Verkiesingskommissie het die plaaslikeregeringsverkiesing van 2026 as vry en regverdig verklaar. Altesaam 29,2-miljoen Suid-Afrikaners het as kiesers geregistreer, en 14,9-miljoen het hul stemme uitgebring – wat op ‘n stempersentasie van 52-persent neerkom. Die verkiesing het 213 rade, 10-duisend-526 beskikbare setels, 520 politieke partye en 636 onafhanklike kandidate behels. Met die aankondiging van die uitslae gisteraand in Johannesburg, het die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, gesê die ANC het die meeste stemme, 30,76-persent, ontvang en 3-duisend-246 raadsetels verower, gevolg deur die DA, die MK-party, die EFF en ActionSA:
Die OVK verklaar die plaaslikeregeringsverkiesing as vry en regverdig [KLANK]
ENG MoepyaOnParties