# Die Verkiesingskommissie sê hy gaan die hele verkiesingsproses nagaan en aandag gee aan aspekte wat verbeter moet word. Die munisipale verkiesing, met ʼn kieser-deelname van 52-persent, is vry en regverdig verklaar. Dis ʼn groter kiesersopkoms as dié van 2021, en sowat 14,9-miljoen Suid-Afrikaners het hul kruisies gaan trek. Die kommissie se voorsitter, Mosotho Moepya, sê hulle sal die ervarings tydens die verkiesing eerlik en stelselmatig nagaan en luister na kommer van kiesers, politieke partye, kandidate, waarnemers en hulle eie personeel.
OVK gaan eerlike en stelselmatige oorsig van plaaslikeregeringsverkiesing uitvoer