# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het die WTA-eindtoernooi in Indian Wells, Amerika, op ‘n wennoot afgeskop. Sy hoop om die toernooi die eerste keer in ses probeerslae te wen. Sabalenka het gesukkel met haar afslaan, maar Wimbledon se naaswenner, die Tsjeg Karolina Muchova, in skoon stelle geklop in Groep Twee. Die Franse Ope-kampioen, Mirra Andreeva van Rusland, het ‘n baie makliker oorwinning behaal oor Elina Svitolina van Oekraïne. Sy speel volgende teen Sabalenka.
Tennis: Sabalenka en Andreeva skop op ‘n wennoot af in die WTA-eindtoernooi