# Krieket: Australië se kaptein, Pat Cummins, vertrou op sy span se herstelvermoë na die skokkende nederlaag van nege paaltjies in die eerste toets teen Bangladesj in Darwin. Dit was Bangladesj se eerste oorwinning in Australië en hul tweede toets-sege oor die wêreld se topspan. Cummins se besluit om eerste te kolf het onder die […]
# Die Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Jordanië, Indonesië, Pakistan, Turkye, Saoedi-Arabië en Egipte se ministers van Buitelandse Sake veroordeel Israel se verwerping van die 15-punt-vredesplan wat president Donald Trump van Amerika se Vredesraad voorgestel het. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, verwerp die voorgestelde plan en sê die weermag sal nie uit Gaza onttrek voor […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die voorgestelde onafhanklike transmissiestelsel-operateur sal in staatsbesit bly. Hy was gister deel van ʼn ANC-inligtingsessie terwyl die party sy 2021 plaaslike regeringsmanifes-hersiening voortsit met klem op behuising, water en energie. Die transmissiestelsel sal volgens hom apart van Eskom wees en eienaarskap en beheer hê oor […]
# ʼn Tweede verdagte is gearresteer in verband met die moord verlede week op twee beamptes van die Teenbende-eenheid en twee vroue in Reigerpark, Ekurhuleni. Die 24-jarige verdagte is gistermiddag in Reigerpark aangekeer ná die multidissiplinêre span se intensiewe opsporingsoperasie. Hy sal hierdie week in die hof verskyn. Verlede week het die 23-jarige Reagan Collis […]
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê drie mense wat probeer het om ongemagtigde toegang tot die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban te verkry, is in hegtenis geneem. Twee Kongolese burgers is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om toegang tot die lokaal te verkry met akkreditasie wat nie […]
# Minstens ses mense is die naweek in Rusland dood na een van Oekraïne se grootste lugaanvalle sedert die begin van die oorlog. In ‘n teenaanval na onlangse ballistiese missielaanvalle deur Moskou, het Kiëf een-duisend-478 hommeltuie en minstens nege kruismissiele afgevuur. ‘n Pakhuis wat aan die Russiese verspreidingsmaatskappy Wildberries behoort, nywerheidsaanlegte en raffinaderye is geteiken. […]
# Rugby: Die Cheetahs het die Blou Bulle met 62-52 op Loftus Versfeld verslaan om nader te beweeg aan ‘n plek in die Curriebeker-halfeindronde. Die Bulle was met rustyd 17-47 agter, maar het hard geveg tot die laaste minuut. Die Cheetahs kon egter die gashere se laat aanval weerstaan en het nege drieë teenoor die […]
# Rugby: Die Bulle se nuwe truie vir dié seisoen se tuiswedstryde is geïnspireer deur Loftus Versfeld. Die ontwerp, “Alle Paaie Lei na Loftus“, vier die stadion as die span en sy ondersteuners se geestelike tuiste. Dis in skakerings van diep vlootblou tot Loftus-blou, met ‘n kaartgrafika van strate wat saamvloei by die ikoniese stadion […]
# Suid-Korea het waarskuwingskote afgevuur nadat verskeie Noord-Koreaanse soldate die militêre afbakeningslyn binne die Gedemilitariseerde Gebied oorgesteek het. Die Yonhap-nuusagentskap sê die voorval het gedurende die week in die oostelike deel van die gebied plaasgevind en is die eerste aangemelde Noord-Koreaanse oortreding van die afbakeningslyn vanjaar. Die soldate, wat vermoedelik op patrollie was, het hul […]