# Rugby: Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê die Bokke berei voor vir ‘n strawwe stryd teen die Wallabies vandag in Perth, met die afsluiting van die deel van hul internasionale seisoen. Stick sê hy is opgewonde ander spelers kry ‘n geleentheid ná ‘n uitmergelende vier weke teen die All Blacks. Veral spelers soos Canan Moodie en […]
# Iran het vandag daarop aangedring dat slegs diplomasie die konflik met die Verenigde State en Israel kan oplos. Dit volg nadat president, Donald Trump, Vrydag gesê het dat hy ‘n Iranse voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en die konflik te beëindig, van die hand gewys het. Die Iranse minister van Buitelandse […]
# Motorsport: Lando Norris van McLaren verwag nie om vandag die voorste wegspringplek in te palm in die Azerbeidjanse Grand Prix nie. Hy en sy spanmaat, Oscar Piastri, het in gister se oefenrondes sowat 1,5-sekondes ná die pasaangeër, George Russell van Mercedes, geëindig. Norris, wat 106 punte agter die voorloper in die Formule Een-bestuurderskampioenskaps, Kimi […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, is vol vertroue dat hulle môre vir Guinee kan klop in hulle eerste Afrikabeker-kwalifiseerder op die Orlando-stadion in Soweto. Die Wes-Afrikaland sal waarskynlik Suid-Afrika se sterkste teenstander wees in Groep D, wat ook Kenia en Eritreë insluit. Mosimane sê hy is deeglik bewus van die bedreiging van […]
# MeatCo in Namibië het verdere uitvoere van beesvleis en die slag van diere opgeskort nadat ‘n uitbreking van bek-en-klouseer bevestig is. Tien beeste het positief getoets op ‘n kommersiële plaas in die Karasburg-staatsveearts-distrik in die Khara-streek. Dit het daartoe gelei dat die regering beheermaatreëls ingestel het, insluitend die opskorting van in- en uitvoer van […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die herstel van vertroue in multilateralisme sal nie plaasvind sonder betekenisvolle hervorming van globale bestuur, hoofsaaklik die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, nie. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek waar hy gevra het vir ‘n permanente posisie vir Afrika […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy […]
# President Donald Trump sê Amerika en China kan voortgaan om ‘n verhouding te bou wat voorspoed en veiligheid vir toekomstige geslagte sal bevorder. Hy het ‘n staatsdinee vir die Chinese president Xi Jinping gehou en dit was sy eerste besoek aan die Withuis in meer as ‘n dekade. Die besoek vind plaas in ‘n […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is gereed om te onderhandel met Amerikaanse maatskappye wat soek na veilige bronne van kritieke minerale en nywerheidsinsette. Hy het deelgeneem aan die Kritieke Metale-rondetafel in New York. Tau het die stigting van ‘n Suid-Afrikaans-Amerikaanse Kritieke Minerale-werksgroep voorgestel. Hy sê Suid-Afrika kan bydra […]