Skip to content

Senior Amerikaanse soldaat in Verenigde Koninkryk vasgetrek oor beweerde spioenasie vir Rusland

# ʼn Senior lid van die Amerikaanse leër is deur Britse teenterrorisme-polisie gearresteer oor bewerings dat hy vir Rusland spioeneer. Die 41-jarige soldaat wat by Imjin-barakke in Innsworth, Gloucestershire, gestasioneer was, is naby Gloucester aangekeer. Die teenterrorisme-polisie het bevestig dat die inhegtenisneming nie verband hou met enige ander voortgesette nasionale veiligheidsondersoeke nie. Die FBI-direkteur, Kash Patel, sê die buro toon geen verdraagsaamheid teenoor individue wat hul eed aan die Verenigde State verbreek nie. Hy sê sulke optrede plaas Amerika en sy internasionale bondgenote se nasionale veiligheid in ernstige gevaar.